RSS

Lentetee saam met Esté Geldenhuys

01 Okt
Elkeen wat vrou genoeg is, staan voor haar kas en wonder wat om aan te trek. Lente is in die lug en die sowat 130 vroue wat kaartjies gekoop het vir die Lentetee sal ’n ieder en elk by die kerk opdaag in haar fleurigste uitvat, dis vir seker.

Dis dan ook nooit anders nie. Die kerk se tuin is ’n lushof van kleure en geure met tafels, spoggerig gedek, blommerangskikkings, eetgoed te kus en te keur en bowenal die vrolik babbelende susters wat self soos lenteblomme lyk.

 Ons spreker, die bekende en gewilde Esté Geldenhuys van Radio Kansel, se praatjie laat ’n knop in menige keel. Haar boodskap is ryk aan betekenis  – vir elke indiwidu dalk iets anders, maar hierdie een gedagte staan uit:  Elkeen van ons, ten spyte van al ons tekortkominge,  is ook goed genoeg in die oë van ons Hemelse Vader. Sy illustreer dit deur middel van die verhale van ’n hele paar vroue uit Die Bybel wat aanvanklik ongelowig of ongehoorsaam was en God op die een of ander manier teengegaan het: Eva, Sara, Sippora, Rebekka, die Marias en nog meer. Nogtans is elkeen van hulle later met ’n ryk nageslag geseën.

Baie dankie aan Petra vir haar roerende vertolking van die lied, ‘Heilige grond’, wat ons in die regte stemming gesit het. Dankie aan die bestuur van Vrouebelange vir die reëlings en vir elkeen wat op die een of ander manier ’n bydrae gelewer het. Ons sal dit nog lank onthou.

About these ads
 
3 Kommentaar

Posted by op Oktober 1, 2011 in In gesellige luim.

 

3 responses to “Lentetee saam met Esté Geldenhuys

  1. Gerrie vd Merwe

    November 15, 2011 at 3:19 nm

    Die artikels en kommentaar op hierdie werf is baie interessant en miskien moet ons die gemeente meer bewus maak van hierdie fasiliteit om sodoende meer betrokkenheid te bewerkstellig.

     
    • Madelie Human

      November 15, 2011 at 3:26 nm

      Daar hoor julle dit nou so uit die perd se bek. Komaan, ouens, gesels saam met ons!

       
  2. Mariana le Roux

    November 25, 2011 at 4:52 nm

    Jammer dat ek nou dalk weer aan die anderkant te véél gesels. Skree maar as ek moet stlbly. Die lentetee was regtig baie bemoedigend en eg vroulik, mooi en opbouend. Ons is bevoorreg om so ‘n heerlike kerkterrein te hê en voorlopers wat so mooi alles georganiseer het. Ek was gelukkig om ‘n persoonlike woordjie met Esté te kon inkry. Dit was lekker om te luister na ‘n vrou wat met Jesus wandel en nie skaam is om in die openbaar vir Hom uit te kom nie. Mag daar ‘n volgende geleentheid wees waar die groep vroue wat kom, miskien ook geleentheid in besprekingsgroepe kan kry om deel te neem. Aktuele sake word baie keer in huishoudings aan die man oorgelaat en die vrou sorg vir die goeie verloop van etes, wasgoed, huisskoonmaak, inkopies doen, kinders versorg, ensovoorts. Ons kry dalk nie genoeg geleenthede om ook ons mening oor aktuele sake uit te spreek nie. Vroue behoort ook die geleentheid te kry om die tema van die besprekings te kies en selfs om voorstelle vir die gasspreekster te maak. Laastens wil ek verskoning maak dat ek nog nie prakties deel was van Vrouebelange nie. Dit was bloot net nie moontlik om nog iets in te pas nie. Mag die Here voentoe lei, ook ander agterossies saam met my?

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: